Shopping Cart

Pierneef se benadering tot die landskap / Pierneef’s approach to the landscape

JH Pierneef (1886-1957)

Laeveld, Mica, Oos-Transvaal/ Lowveld, Mica, Eastern Transvaal, 1945. Olieverf op bord/ Oil on board (48 x 62 cm). Versameling / Collection: La Motte Museum, Franschhoek

Huis en berge

Linosnee / Linocut. 19.5 x 25.5 cm. La Motte Proelokaal / Tasting Room. Versameling / Collection: La Motte Wynlangoed / Wine Estate

Kruiskerk Tulbagh

Linosnee / Linocut. 28.9 x 35.2 cm. La Motte Raadsaal / Board Room. Versameling / Collection: La Motte Wynlandgoed / Wine Estate. Vertoon op / Featured on: 2012 La Motte Pierneef Syrah Viognier

Berg en wolk

Linosnee / Linocut. 9.6 x 15.9 cm. Pierneef à La Motte Restaurant. Versameling / Collection: La Motte Wynlandgoed / Wine Estate. Vertoon op / Featured on: 2012 La Motte Pierneef Syrah Viognier

Dit was Die Volkstem van 3 Julie 1929 wat Pierneef die eerste keer beskryf het as ’n kunstenaar met ’n “eie Suid-Afrikaanse styl, wat ’n mens sonder die minste verbeeldingskrag kan vereenselwig met ons Suid-Afrikaanse natuur”. Op hierdie gebied was Pierneef beslis ’n pionier omdat hy bewys het dat so ’n eiesoortige styl juis nodig is om die Suid-Afrikaanse landskap te verken.

Pierneef was op soek na die tipiese kenmerke van die Suid-Afrikaanse landskap wat die topografiese vorm en helder lig van die land kon weergee. Vir hom het dit gegaan om ’n vertolking van die stemming en die wesenskarakter van die landskap, met inagneming van die weerkaatsing van die soms verblindende skerp sonlig op die vlaktes en die berge.

Sy gebruik van liniêre ritme, rustige horisontale en kort, sterk vertikale lyne, die wye hemelboog en die geometriese vorms van die berge en die kranse het ’n uitstaande kenmerk van sy werk geword. Hy het self erken dat dit geïnspireer is deur die treffende gebruik van lyne in die rotskuns van die San, wie se gebruik van aardkleure om die dekoratiewe element te versterk hom ook beïndruk het.

Dit spoor hom aan om na vorms te soek waardeur hy die natuur kan weergee – driehoeke, sirkels, vierkante, piramides en die verbinding van lyne. Die uitdaging was om die ontsaglike omvang van die hemel en die son, wat alles bepaal en oorheers, met die topografie van die landskap in verband te bring. Die skerp lig maak die landskap “kleurloos” en dus is dit nie die kleur nie, maar die dekoratiewe simmetrie en die dramatiese komposisies wat op ritme, balans en lyne berus wat dadelik opval. Die basiese kleurtinte word gebruik om die spanning te verhoog.

Vanweë die belang van lyngebruik in Pierneef se werk speel kleur in baie gevalle ’n ondergeskikte rol. Daar word wel van kleur gebruik gemaak om die aard van die landskap sowel as die stemming weer te gee. Hy het dikwels met ’n beperkte palet gewerk – kleure soos blou, groen, bruin, rooipers en ’n mengsel wat aan goud en silwer herinner. Hierdie kleure kombineer hy vernuftig om ’n warm of koel atmosfeer te skep, dorheid en mistigheid voor te stel of die stemming van vroegoggend of skemer op te roep.

Die massiewe kremetartbome, die berge en die wye vlaktes, die gepunte miershope en die dekoratiewe doringbome het kwalik kleur nodig om die aandag te boei. Die geometriese komposisie is duidelik sigbaar en die natuurvorm altyd herkenbaar. Sy intense betrokkenheid by die landskap en sy verdieping in die natuur was daarop ingestel om die kern en die stemming van die landskap op doek vas te lê. Dit kan ook as ’n spirituele ervaring van die natuur beskou word.

In baie van Pierneef se komposisies word die geheel uit dele van verskillende omliggende omgewings opgebou. ’n Landskap word uit sketse van verskillende plekke saamgestel. Wat ’n mens bowenal opval, is die monumentaliteit van die werke. Die komposisie is doelbewus daarop afgestem om hierdie monumentaliteit te verskerp, en die geometriese, liniêre en soms sterk dekoratiewe styl dra daartoe by. Met vereenvoudiging van vorm en stilering bewerkstellig Pierneef ’n aaneenlopende geheel. Hiertoe sou al die noukeurige studies wat ter voorbereiding gemaak is grootliks bydra.

Dit is soms moeilik om die presiese datum van ongedateerde landskappe vas te stel, selfs met die talle skilderye wat aan tonele op die Johannesburgstasiepanele herinner omdat daar nie altyd akkuraat bepaal kan word of dit voor of na die panele geskilder is nie.

__________

It was Die Volkstem of 3 July 1929 that first described Pierneef as an artist with a uniquely South African style, which did not take too much imagination to associate with the natural scenery of South Africa. In this field, Pierneef was indeed a pioneer precisely for having proven the need for such a unique style to explore the landscape of South Africa.

Pierneef was in search of the typical features of the South African landscape that could capture the country’s topographical form and bright light. To him, it was about interpreting the atmosphere and the essential character of the landscape, also taking into account the reflection of the sometimes glaringly bright sunlight on the plains and mountains.

His use of linear rhythm, calm horizontal and short, strong vertical lines, the wide arch of sky and the geometric shapes of the mountains and ridges became a salient feature of his work. By his own admission, this was inspired by the striking use of lines in the rock art of the San, whose use of earth colours to enhance the decorative element he found equally impressive.

This encouraged him to look for shapes through which he could express nature – triangles, circles, squares, pyramids and the connection of lines. The challenge was to relate the tremendous expanse of the sky and the sun, which defines and dominates everything else, to the topography of the landscape. As the harsh light renders the landscape “colourless”, it is not the colour, but the decorative symmetry and the dramatic composition based on rhythm, balance and lines that immediately catches the eye. The basic tinges of colour serve to build the tension.

Due to the importance of the use of lines in Pierneef’s work, colour mostly plays a minor part. Colour is used to capture the feel and the atmosphere of the landscape. He often worked with a limited palette – colours such as blue, green, brown, reddish purple and a mix reminding of gold or silver. These colours he skilfully combined to create a warm or cold atmosphere, represent aridity and mistiness, or evoke the atmosphere of sunrise or sunset.

The mighty baobab, the mountains and vast plains, the pointy anthills and the decorative thorn trees are in no need of colour to hold the attention. The geometric composition is clearly visible and the natural form always recognisable. His intense engagement with the landscape and immersion in nature were aimed at capturing the essence and the atmosphere of the landscape on canvas. This could also be seen as a spiritual experience of nature.

In a number of Pierneef’s compositions, the whole comprises parts from various surrounding areas. A landscape is made up of sketches of different localities. Above all, one is struck by the monumentality of the work. The composition intentionally seeks to enhance this monumentality, which is further added to by the geometrical, linear and sometimes strong decorative style. By using simplified form and styling, Pierneef achieves a continuous whole, to which all his detailed preliminary sketches greatly contributed.

In some cases, it is hard to establish the exact date of undated landscapes, even with the numerous paintings resembling the Johannesburg Station panel scenes, as one cannot always accurately determine whether they were painted before or after the panels.   

Bydrae van teks / Contribution of text: Amanda Botha